
Wetstoepassers by waaksaam terwyl SA stem-verwerking voortgaan
Loading player...
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê wetstoepassingsagentskappe bly waaksaam terwyl die Verkiesingskommissie voortgaan met die tel, verwerking, verifikasie en vaslegging van die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae. Wetstoepassing volg tydens die verkiesing ʼn intelligensie-gedrewe benadering tot bedrywighede en gee veral aandag aan 331 stemlokale in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Gauteng wat as moontlike brandpunte geïdentifiseer is. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê stemgeregtigde kiesers kon hul demokratiese regte in veiligheid uitoefen:

