
SA verwelkom ’n mylpaal-VN-resolusie oor omgewingsmisdaad en onwettige mynbou
Loading player...
Die Suid Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê ’n mylpaal-resolusie van die Verenigde Nasies sal internasionale pogings versterk om omgewingsmisdaad te bekamp. Die resolusie, wat met die steun van Suid-Afrika ingedien is, sal lei tot die ontwikkeling van ’n internasionale protokol wat fokus op die smokkel van wild en hout, onwettige mynbou, die onwettige handel in minerale en edelmetale, asook die smokkel van afval. Maynier sê lande moet saamwerk om georganiseerde misdaadnetwerke, wat natuurlike hulpbronne uitbuit, die hoof te bied:

