
Oshana skenk 13 karavane aan polisie
Loading player...
Die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, het 13 tweedehandse karavane wat voorheen ongebruik by die Oshakati-tussentydse staatshospitaal gestaan het, amptelik aan die streekspolisie oorhandig. Die karavane sal as kantoorruimte en tydelike polisiestasies dien in gebiede wat nie oor permanente polisiestasies beskik nie. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Iipinge die logistieke oorhandiging is afgehandel. Die Namibiese Polisie sal nou bepaal waar en wanneer die geriewe ontplooi word, met misdaadbrandpunte as een van die oorwegings.

