Namibië se insolvensiewette moet dringend hervorm word

Loading player...
Die oproep om dringende hervorming van Namibië se insolvensiewette wat vele klein ondernemings jaarliks sluit, word gesteun deur Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete. Meyer stem saam met eerste minister Elijah Ngurare dat vertragings met die hervorming van wetgewing wat bykans 'n eeu oud is, klein ondernemings onder toenemende druk plaas. Hy voer egter aan dat hervormings ook krediteure en finansiële instellings moet beskerm wanneer ondernemings in gebreke bly. Volgens Meyer is daar 'n dringende behoefte om nog 'n probleem aan te spreek.
23 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sportministerie: Ontwikkeling en rehabilitasie van fasiliteite gelei deur NDP6

Die sportministerie sê die ontwikkeling en rehabilitasie van sport-fasiliteite in al 14 streke word gelei deur die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Die ministerie waarsku egter dat die projekte deur begrotingsbeperkings gekniehalter word. Ministerie-woordvoerder, Aina Shikesho sê besluite oor infrastruktuurbesteding is gebaseer is op streke se bevolkingsgroottes, voortgesette projekverbintenisse en die kapasiteit…
23 Sep 5AM 1 min

Regering se plan om Namcol in ope-universiteit te omskep bevraagteken

Die parlement bevraagteken die regering se plan om Namcol in 'n volwaardige ope-universiteit te omskep. Rosa Mbinge-Tjeundo, 'n parlementslid van die PDM, het kommer uitgespreek oor die wetlike, finansiële en institusionele raamwerk wat nodig is om hierdie oorgang te ondersteun. Sy het vrae gevra oor onder andere maatreëls om te…
23 Sep 5AM 1 min

Swakara-telers ervaar 'n tekort aan produksiediere

Swakara-telers ervaar 'n tekort aan produksiediere, aangesien die internasionale vraag na Swakara-pels hoog bly. Die voorsitter van die Swakara-raad, Julene Meyer, sê die bedryf werk aan verskeie inisiatiewe om die nasionale kudde te vergroot, insluitend finansiering vir telers om diere vir genetiese verbetering aan te skaf. Die Swakara-raad het vanjaar…
23 Sep 5AM 1 min

Shadrack Sibiya bly in aanhouding op seks-aanklagtes

Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting op 29 September weer in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die senior polisie-offisier word daarvan beskuldig dat hy 'n 18-jarige vrou verkrag het en 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak het. Kaizer Kganyago van die Nasionale…
23 Sep 4AM 1 min

Oud-minister betrek by lelike aantygings van intimidasie en teistering

’n Dringende aansoek is by die hoërhof ingedien na aanleiding van ’n eskalerende kommersiële geskil oor ’n kleinhandelontwikkeling in Omuthiya wat tot stilstand gekom het. Die aansoekers, William De’Ath, Sven Patzner en Fortitude Group Holdings, vra vir ’n tussentydse interdik teen Ha-Na-He Farming and Trading van oud-minister Pendukeni Iivula-Ithana, sy…
23 Sep 4AM 1 min