Trump prys homself, trek los teen Iran by VN

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van wêreldwye energiemarkte en stygende oliepryse tot gevolg gehad het, terwyl hy terselfdertyd Amerikaanse beleidsbesluite verdedig het.
22 Sep 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke die belangrikste toets: Wallabie-flank

Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens…
22 Sep 11AM 1 min

SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig

Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie…
22 Sep 11AM 1 min

Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
22 Sep 10AM 1 min

Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het…
22 Sep 10AM 1 min

12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
22 Sep 10AM 1 min