
SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig
Loading player...
Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in grootmaat vervaardig nie. Aucamp sê die vennootskap sal help om vee te beskerm en voedselsekerheid te beveilig:

