President Cyril Ramaphosa sê konflik en oorloë, handelsgeskille, die energieoorgang en die pas van die digitale rewolusie hervorm die internasionale orde. Hy het vandag ʼn openbare lesing by die Universiteit van Malaya in Kuala Lumpur, Maleisië gelewer, waar hy 'n eredoktorsgraad gekry het vir internasionale betrekkinge in die globale suide…
Die lynministerie het vandag die weeklange Nasionale Sanitasie Simposium in Katima Mulilo byeengeroep. Die geleentheid verteenwoordig 'n belangrike stap in Namibië se verbintenis tot volhoubare sanitasie en waterbestuur. Die simposium bring regeringsamptenare, kundiges, die burgerlike samelewing en gemeenskapsleiers bymekaar om samewerking te versterk en die nasionale sanitasie- en higiëne-agenda te…
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het 'n nuwe MIV-voorkomingsinspuiting bekendgestel, bekend as Lenacapavir. Die sesmaandelikse inspuiting, wat deur Gilead ontwikkel is, kan gebruik word deur volwassenes en tieners wat meer as 35-kilogram weeg, en moet gepaardgaan met veilige seksgebruike soos die gebruik van kondome. Yuven Gounden van SAHPRA sê die…
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, is besig met 'n groot hersiening van Namibië se korporatiewe wetgewing om 'n meer bemagtigende sake-omgewing te skep. Die Korporatiewe Wetsontwerp poog om twee belangrike sakewette, die Maatskappyewet en die Wet op Beslote Korporasies, te vervang. Dit word as verouderd en onresponsief tot die…
Die Forum for South Africa sê die huidige beleid oor swart ekonomiese bemagtiging het nie in sy ware doel geslaag nie. Die DA het verlede week sy Wetsontwerp oor Ekonomiese Insluiting vir Almal bekendgestel wat daarop gemik is om die land se huidige SEB-wette met ʼn inklusiewe verkrygingstelsel te vervang…
Die Mej. Heelal 2025-skouspel is geskeduleer om op 21 November in Thailand plaas te vind en Mej. Namibië, Johanna Swartbooi, sal meeding. Die finale lys van deelnemers is nog nie gefinaliseer nie, maar meer as 100 lande is reeds bevestig. Swartbooi het onlangs by 'n inligtingsessie oor die Mej. Heelal…
Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en het vanoggend agter geslote deure die personeel van die ministerie toegespreek nadat sy gesê sy is vir nou in beheer daarvan. Kommentators meen dat daar binnegevegte in die party…
Die Amerikaanse sangerJon Bon Jovi sê hy is dankbaar om weer na die verhoog te kan terugkeer na sy stembandoperasie. Die groep het die week 'n terugkeertoer aangekondig. Die 63-jarige sanger het in 2022 'n operasie ondergaan en het drie jaar van rehabilitasie nodig gehad om die krag te herwin…
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het die raadgewende opinie van die Internasionale Geregshof verwelkom wat die Palestynse volk se reg op 'n onafhanklike en soewereine staatskap en selfbeskikking herbevestig. Pius Vilakati van die SAKP sê hierdie grondliggende reg is deur die apartheid-Israel-regime onderdruk sedert Palestina vanaf 1947 binnegeval en beset is. Hy…
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, doen 'n beroep op alle verrekeningsagente om hul lisensies vir die 2026-kalenderjaar teen 31 Desember 2025 te hernu. Lisensies wat nie teen die sperdatum hernu word nie, sal vanaf 1 Januarie 2026 opgeskort word in ooreenstemming met die Doeane- en Aksynswet. Hernuwings kan by enige NamRA…
Kosmos 94.1 Nuus het met die Korrektiewe Diens se adjunk kommissaris-generaal Sam Shaalulange gepraat oor wat volgende is na die moordenaar Ernst Lichtenstrasser dood in sy sel aangetref is. Terwyl selfmoord vermoed word, moet ‘n lykskouing uitgevoer word. Die 64-jarige is twee lewenslange vonnisse in April 2024 opgelê vir die…
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy het ʼn dooiepunt bereik in sy salarisonderhandelinge in die voertuigbedryf en ʼn staking is moontlik. Die dooiepunt het betrekking op die verhoging wat werkgewers aanbied om die onderhandelinge vir die volgende drie jaar af te handel. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ʼn 6,5-persent salarisverhoging…
Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het sy oog op die Withuis in 2028. Hy gee president Donald Trump baie gas aanlyn en het ‘n liefling van Demokrate in die VSA geword. Hy het met CBS Sunday Morning gepraat en sê hy wil eers verseker dat Demokrate beheer van die…
M+Z Motors en Big Boy Racing Motorsport-expo. Daar was talle geleenthede met verskeie sportkodes soos die 4x4-vasbyt, drifting en meer. Francois Lottering was daar.
President Netumbo Nandi Ndaitwah het by die Namibiese Openbare-Private Forum versoek dat afgevaardigdes eerlik moet wees oor hoe 500 000 werke geskep kan word, soos sy belowe het om te doen. Die geleentheid is deur die Namibiese Beliggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad aangebied om werkskepping te bevorder. Rowland Brown, medestigter van Cirrus,…
Die DA doen 'n beroep op die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend Suid-Afrika se amptelike inskrywings vir die 2026 Oscar-toekennings te befonds. Die party sê privaat instellings soos MultiChoice en AFDA het reeds hul steun toegesê, terwyl die Stad Kaapstad en die Nasionale Film- en…
Die Europese Parlement het sy prioriteite vir die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie in Brasilië volgende maand aanvaar. COP30 sal fokus op pogings wat nodig is om die wêreldtemperatuur tot 1,5 grade Celsius te beperk, en vordering met die finansieringsbeloftes wat by COP29 gemaak is. 'n Lid van die Europese Parlement,…
Die MK-party sê hy het sy oproep vir omvattende leefstyloudits vir alle lede van die regbank wat deur die staatskas befonds word, herhaal. Dit volg op die plofbare getuienis by die Madlanga-kommissie wat beweer dat die waarnemende regterpresident van Gauteng, regter Aubrey Ledwaba, omgekoop is vir 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand…
Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns…
Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van…
27 Oct 2025 12AM
1 min
1912 – 1932
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.