
Cosatu steun afdwinging van pensioenfondsbydraes-betaling
Loading player...
Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die aantal werkgewers wat versuim om hierdie bydraes oor te betaal, het die afgelope drie jaar meer as verdubbel.

