Die Kommissie vir Billike Indiensneming het vanoggend tweedaagse openbare verhore afgeskop waar 15 maatskappye gedaag is om te antwoord op mislukkings en tekortkominge in die nakoming van wetlike vereistes rakende billike indiensneming in Namibië. Rauha Haufika, die adjunkvoorsitter van die kommissie, beklemtoon die belangrikheid van nakoming van regstellende aksie en…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat…
Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal…
Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het 40 spelers aangewys vir die Sesnasiesreeks, met Sione Tuipulotu as kaptein. Dit bestaan uit 23 voorspelers en 17 agterspelers, met Jonny Gray en Dave Cherry wat terugkeer. Freddy Douglas en Liam McConnell is twee van sewe spelers wat nog in slegs enkele toetse…
Monokultuur, veral onder bestaansboere, kan oor die langtermyn nadelig wees vir grondgehalte en produksie. Dit kan ook peste vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur vir akkerbou by Agribank gepraat wat meer inligting gee oor die kwessie en die skade wat dit kan berokken.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.