
VN-hoof boos oor Israel wat UNRWA-gebou sloop
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat dit ontbind word. Woordvoerder Farhan Haq sê VN-kantore is onskendbaar en moet immuun bly teen enige vorm van inmenging:

