Die regering se beplande bekendstelling van hoë-sekuriteit nommerplate is in die nuus. Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê nommerplate met QR-kodes wat teen peutery bestand is, kan help om vervalste nommerplate en hul kloning, diefstal en registrasiebedrog te bekamp. Hy lig egter verskeie onsekerhede en potensiële probleme uit.
Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.
Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise…
Die vakbond Solidariteit het 'n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag 'n…
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse in Suid-Afrika styg môre met tussen drie Suid-Afrikaanse rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van…
Landelike Namibië gaan vinniger en meer betroubare satellietinternet kry, na Paratus Namibië Eutelsat se OneWeb-satellietdiens in die land bekendstel het. Die diens is gemik op sowel huishoudelike as kommersiële kliënte landswyd, en bied konnektiwiteit met hoë spoed en lae vertraging. Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het met Kosmos…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is reeds gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking…
Ocean Conservation Namibia waarsku dat die ineenstorting van sardyn-voorrade in die Benguela-stroom 'n ernstige ekologiese verskuiwing na jellievis-gedomineerde waters kan veroorsaak. Bewaringsbewaarder Damian Schreiber sê terwyl robbe kan oorskakel na alternatiewe prooi soos lantern-visse, is die breër mariene voedselweb afhanklik van sardyne. Dit maak deurlopende mortaliteitsmonitering van kritieke belang vir…
Namibië se jeugstoeiers het uitgemunt en altesaam 22 medaljes by die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskap in Kaapstad verower. Die span het 10 goue, vyf silwer- en sewe bronsmedaljes in verskillende ouderdomskategorieë en die Presidentstoernooi gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Anke Erasmus, die sekretaris-generaal van die Namibiese Stoeifederasie, gesels:
Die omgewingsake-ministerie het 'n strategie aangekondig om teen 2030 een miljoen bome te plant om landwye ontbossing aan te pak. Bewaringskundige Mark Paxton waarsku egter dat plantveldtogte bloot as foto-geleenthede dien tensy kap-en-brand-praktyke gestaak word. Hy sê die beskerming van intakte ondergrondse wortelstelsels om natuurlike regenerasie toe te laat, baie…
Intussen het die Namibiese Landbou-unie boere geloof vir hul samewerking om die siekte te stuit. Die unie sê dis belangrik dat die hele volk saamwerk om die verspreidng van die siekte te beveg deur nie onnodig diere en diere-produkte tussen plase en boeredery-distrikte te vervoer nie. NLU-president, Thinus Pretorius, sê…
Meatco het bevestig dat die Europese Unie se tydelike verbod op die uitvoer van vleisprodukte uit Namibië ook uitvoere na Noorweë, wat nie 'n EU-lidstaat is nie, raak. Meatco se aanvanklike kwota vir beesvleisuitvoere na Noorweë vir 2026 het ongeveer 265 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer, terwyl verwag was…
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku dat die bek-en-klouseer uitbreking nie gebruik moet word om verbruikers uit te buit nie. Nandi-Ndaitwah het in haar eerste opdatering en toespraak aan die land, sedert die siekte se uitbreking, gesê die BKS-inperkings is ingestel om die landbou-sektor, boere, en Namibiërs te beskerm. Sy sê verskaffers…
Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Suid Afrika se petrolpryse styg Woensdag met tussen 3 Namibiese dollar-12-sent en 3 dollar-33-sent per liter. Dieselpryse styg met tussen 2 dollar en 84-sent en 3-dollar en 24-sent per liter, terwyl die prys van…
Die Namibiese Landbou-unie sê hy stem saam met die Europese Unie se lofprysings vir die manier hoe die regering en die Direktoraat Veeartseny-dienste tot dusver die bek-en-klouseer uitbreking hanteer het. Die EU het Maandag die tydelike opskorting van invoere van Namibiese vleis-produkte na die streek aangekondig. Unie-president, Thinus Pretorius, sê…
Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie,…
Die adjunk-bedryfsekretaris van die Landless Peoples Movement, Eneas Emvula, het 'n pragmatiese verskuiwing in Namibië se diplomatieke benadering teenoor Kuba versoek. Die eilandnasie staar tans ernstige energie- en gesondheidsorgkrisisse in die gesig. Emvula het Namibiese diplomate aangespoor om verder as roetine-resolusies te beweeg en direkte hulp na te streef. Hy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.