Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
160 – 180

Strenger vonnisse in statutêre verkragtingsake nodig

Die adjunkminister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Steve Letsike, vra vir strenger vonnisse in statutêre verkragtingsake. Die jongste statistieke dui daarop dat minstens 117 000 meisies tussen tien en 19 jaar in die afgelope boekjaar geboorte geskenk het. Sy sê die syfers stem nie ooreen…
30 Nov 3AM 1 min

AfriForum dien verslag oor minderheidsregte by VN in

Die hoof van openbare betrekkinge van AfriForum, Ernst van Zyl, het bevindinge van die World Must Know-verslag by die Verenigde Nasies se 18de Forum oor Minderheidsake ingedien. Die verslag is ook aan die VN se spesiale rapporteur, Nicolas Levrat, oorhandig. Van Zyl het verwys na kommer oor kwessies wat minderhede…
30 Nov 3AM 1 min

Stad Windhoek bewillig miljoen se skuldverligting vir weerloses

Stad Windhoek het 200 miljoen Namibiese dollar in skuldverligtingsondersteuning aangekondig om pensioenarisse wie se vorige aansoeke verwerp is, sowel as persone met gestremdhede, kinderhuishoudings, weeshuise en liefdadigheidsorganisasies by te staan. Woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat kwalifiserende inwoners van nou tot 19 Desember, en weer vanaf…
30 Nov 1AM 1 min

Rugby: Bokke vertrap Wallis in Cardiff

Die Springbokke het Wallis in Cardiff die ergste nederlaag ooit toegedien met 'n 73-0 oorwinning. Die Bokke het 11 drieë aangeteken om hul November-toer perfek af te sluit. Die telkaart is aan die einde van die wedstryd egter ontsier deur 'n permanente rooi kaart vir Eben Etzebeth, die Springbok met…
30 Nov 12AM 1 min

Swapo maak skoonskip in plaaslike owerheidsverkiesings

Net 36,3 persent van mense wat geregistreer het om in die afgelope plaaslike owerheidsverkiesing te stem, het hul kruisies Woensdag gaan trek, toon amptelike uitslae wat Saterdag deur die Verkiesingskommissie van Namibië, die ECN, vrygestel is. Swapo het 52,4 persent van alle stemme in die plaaslike owerheidsverkiesing gewen, gevolg deur…
29 Nov 11PM 1 min

Polisieminister gelooi voor Madlanga-kommissie

Die waarnemende adjunk- nasionale polisiekommissaris, Hilda Senthumule, het die ernstige gevolge van polisieminister Senzo Mchunu se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind, uiteengesit. Senthumule het voor die Madlanga-kommissie getuig die skuif het voortgesette ondersoeke ontwrig en speurders wat met die taakspan verbind was, geraak. Sy het gewaarsku die ontbinding…
29 Nov 5AM 1 min

Erge misdaadsyfers trek vuur in SA

Die DA in die Wes-Kaap het die nasionale ANC regering gekritiseer nadat die SAPD se misdaadstatistieke vir April tot September 2 308 moorde en meer as 133 000 ernstige misdade aandui. Benedicta van Minnen van die party sê die nasionale regering het versuim om polisiëring voldoende te befonds, wat gemeenskappe…
29 Nov 4AM 1 min

Luvindao maan teen paniek oor cholera en ander uitbrekings

Gesondheidsminister Esperance Luvindao het Vrydag ‘n beroep op die publiek gedoen om nie paniekerig te raak oor die uitbrekings van cholera, M-pokke, Krim-Kongo-hemorragiese koors, masels en polio in die Namibië nie. Luvindao het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die uitbrekings beklemtoon die noodsaaklikheid van beter sanitasie-infrastruktuur in die land. Dit verg…
29 Nov 2AM 1 min

Red 'n lewe, bloei vandag saam met res van Afrika!

Die ganse kontinent van Afrika verenig hierdie naweek om bloed te skenk. Met die kersseisoen wat naby is moet bloedbanke hulle aanbod verhoog, weens onder andere hoër padongeluk-slagoffers. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Bloedoortappingsdiens se bemarkingsbestuurder, Zita Tobin gepraat.
29 Nov 2AM 1 min

Vaaldam se sluise bly stroom

Die departement van water en sanitasie hou tien sluise by die Vaaldam oop en het die vrystelling van die Bloemhofdam Vrydagoggend verhoog. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die Vaaldam is op 106,8 persent en die Bloemhofdam is 97,76 persent vol. Mavasa waarsku dat gemeenskappe en infrastruktuur stroomaf…
29 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Twee sterf in grubotsing buite Windhoek

Die Copps 94.1- span het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met onder meer ‘n gru-ongeluk op die Daan Viljoen-pad buite Windhoek wat die lewens van twee mense geëis het. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het die stadspolisie vergesel en doen verslag:
28 Nov 11PM 1 min

Pasop vir slim swendelarye oor feestyd

Soos die feestyd nader kom, so ook 'n toename in gesofistikeerde swendelary wat op niksvermoedende kopers gemik is. FNB Namibia spreek kommer uit oor 'n vlaag van hoëtegnologie-bedrog, insluitend afstandtoegangskemas, nabootsings en selfs KI-aangedrewe sogenaamde “deep fakes”, wat ontwerp is om verbruikers onkant te vang. Die hoof van bedrywighede vir…
28 Nov 10AM 1 min

Cachalia waarsku oor georganiseerde misdaad

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die bekamping van georganiseerde misdaad, insluitend bendegeweld en staatskaping, vereis algehele wetstoepassing, doeltreffende ondersoeke en vervolging. Cachalia het in Johannesburg gepraat tydens die bekendmaking van die misdaadstatistieke vir die eerste en tweede kwartaal. Hy beklemtoon georganiseerde misdaad bedreig openbare veiligheid, die ekonomie…
28 Nov 10AM 1 min

Beskerm jouself teen die son, waarsku CAN

Die Kankervereniging van Namibië doen 'n beroep op die publiek om voorsorgmaatreëls te tref soos Desember aanbreek en die strandseisoen begin. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, verduidelik dat Namibië se woestynklimaat 'n belangrike faktor is agter die land se hoë…
28 Nov 9AM 1 min

Namibië vra streeksbeleide moet nasionale wette word

Namibië doen 'n beroep om streeksbeleide in werklike nasionale wette te omskep. Tydens die vrystelling van 'n opname oor die SAOG Parlementêre Forum se operasionele doeltreffendheid, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land se verbintenis tot die versterking van die forum herbevestig. Sy waarsku egter dat…
28 Nov 9AM 1 min

Curro-aandeleverkoping 'puik vir onderwys in die land'

Botswana en Namibië het die 7,2 miljard Namibiese dollar verkryging van Curro aandele goedgekeur. Die aandele van Curro was gekoop deur die Jannie Mouton-stigting. Die stigting is deur Suid Afrikaanse besigheidsman Jannie Mouton begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die besturende direkteur van Windhoek Gymnasium gepraat, Colette Riekert wat uiteensit…
28 Nov 9AM 1 min

Ministerie hou vinger op pols van masels uitbreking

Die gesondheidministerie het al op 15 September 'n masels uitbreking verklaar met sy oorsprong in Opuwo. Vanaf 20 November het die ministerie 564 verwagte gevalle aangemeld waarvan 198 gevalle positief was, terwyl 115 gevalle se uitslae nog uitstaande is. Twee sterftes is in Grootfontein en die Okahao distrik aangemeld. Kosmos…
28 Nov 9AM 1 min

Washington-skieter het vroeër vir CIA diens gelewer

Die verdagte wat na bewering die twee Nasionale Wag lede Woensdag in Washington DC geskiet het, is as Rahmanullah Lakanwal geïdentifiseer. Sarah Beckstrom, een van die twee lede van die wag is dood aan haar besering. Lakanwal self is ook ernstig beseer maar, die FBI se ondersoek toon nou dat…
28 Nov 9AM 1 min

Aanlyn-boelie 'kan vroue van politieke deelname afskrik'

Aangesien kommer oor skadelike aanlyn gedrag steeds toeneem, het die inligtingsministerie vandag 'n seminaar oor die etiese gebruik van sosiale media in Windhoek aangebied. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Linda Aipinge, waarsku dat toenemende aanlynmisbruik en seksuele uitbuiting, veral teen jong vroue, hul deelname aan politieke ruimtes toenemend afskrik.
28 Nov 8AM 1 min
160 – 180