SA Polisiediens: Shadrack Sibiya se tugverhoor reeds gehou

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is reeds gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê Sibiya het uitstel gevra om met sy regspan te beraadslaag. Dit is toegestaan en die verhoor sal Maandag voortgaan:
6 Oct 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min