"Een-miljoen bome teen 2023"-projek verg meer beplanning

Loading player...
Die omgewingsake-ministerie het 'n strategie aangekondig om teen 2030 een miljoen bome te plant om landwye ontbossing aan te pak. Bewaringskundige Mark Paxton waarsku egter dat plantveldtogte bloot as foto-geleenthede dien tensy kap-en-brand-praktyke gestaak word. Hy sê die beskerming van intakte ondergrondse wortelstelsels om natuurlike regenerasie toe te laat, baie meer effektief is as om nuwe boompies te plant. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ook slegs inheemse bome moet geplant word:
6 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min