Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
180 – 200

LPM se Emvula vra vir beter ondersteuning vir Kuba

Die adjunk-bedryfsekretaris van die Landless Peoples Movement, Eneas Emvula, het 'n pragmatiese verskuiwing in Namibië se diplomatieke benadering teenoor Kuba versoek. Die eilandnasie staar tans ernstige energie- en gesondheidsorgkrisisse in die gesig. Emvula het Namibiese diplomate aangespoor om verder as roetine-resolusies te beweeg en direkte hulp na te streef. Hy…
6 Oct 3AM 1 min

Vyfde been van Nasionale-tydren kampioenskappe op Gobabis gekanselleer

Die naweek sou die 5de been van die nasionale tydren kampioenskappe op Gobabis plaasgevind het, maar is weens eksterne faktore soos die bek-en-klouseer-uitbreking gekanselleer. Omdat elke tydren uit ses bene bestaan is die kampioenskappe nou van die kaart af of gaan daar 'n nuwe formule, om die tydren spanne se…
6 Oct 2AM 1 min

Morgan Maumela se N$9,5m Ferrari word dalk verkoop

Die Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van sakeman Morgan Maumela en die Maumela-familie-trust van die hand gewys om die verkoop van 'n Ferrari ter waarde van minstens 9,5-miljoen Namibiese dollar te keer. Die voertuig is as deel van 'n ondersoek deur die Spesiale Ondersoek-eenheid na beweerde korrupsie by…
6 Oct 2AM 1 min

Sankwasa: Windhoek kan nie soos 'n landelike dorpie lyk nie!

Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het ferm standpunt ingeneem teen die toenemende aantal straat-verkopers in Windhoek. Na 'n onlangse besoek aan verskeie handel-s-gebiede, soos Havana Four-way, Stop & Shop en China Town, het Sankwasa Stad Windhoek-amptenare aan-ge-spoor om toe te sien dat daar 'n duidelike afbakening tussen handel-s-gebiede en informele nedersettings…
6 Oct 2AM 1 min

Suid Afrika sien hewige brandstofprysverhogings Woensdag

Wêreldwye spanning oor olievoorrade sal Woensdag skerp brandstofprysverhogings in Suid-Afrika teweeg bring. Die prys van petrol styg met tussen N$3.12 en N$3.33 per liter; diesel is tussen N$2.84 en N$3.24 per liter duurder terwyl die prys van lampolie met N$4.77 per liter styg. Die Departement van Minerale en Petroleumhulpbronne se…
6 Oct 1AM 1 min

NamLamb-span onttrek van 1ste Lamb Champs Invitational-kompetisie

Die NamLamb-span van 10 lede het onttrek aan die eerste Lamb Champs Invitational-kompetisie op 31 Oktober in Suid-Afrika, na die bek-en-klouseer uitbreking. NamLamb-stigterslid Lenn de Jager is diep teleurgesteld en sê dat biosekuriteitskwessies die besluit afgedwing het, ten spyte van die span se gereedheid om Namibiese veld-geteelde lamsvleis te vertoon…
6 Oct 12AM 1 min

Korrupsiesaak teen die Khomotso Phahlane voorlopig teruggetrek

Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die korrupsiesaak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris Khomotso Phahlane en sy medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die saak hou verband met 'n polisie-kontrak in 2016 van meer as 191 miljoen Namibiese dollar vir noodwaarskuwingstoerusting, waar 65 miljoen dollar aan die diensverskaffer betaal is. Die woordvoerder van die…
6 Oct 12AM 1 min

Agribank staan bankvas agter BKS-geaffekteerde boer en gemeenskappe

Intussen sê Agribank hy staan bankvas agter boere en landbou-ondernemings wat deur die uitbreking van bek-en-klouseer geraak word. Agribank-woordvoerder Hileni Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank besef watter finansiële impak die siektebeheermaatreëls inhou. Die bank sal ondersteuning aan geaffekteerde kliënte op 'n geval-tot-geval-grondslag oorweeg, na gelang van…
6 Oct 12AM 1 min

NNN: 29 313 diere reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 29 313 gesplete-hoef diere is reeds op 68 plase vir bek-en-klouseer getoets as deel van pogings om die uitbreking van die vee-siekte in die Karasburg-veeartsenydistrik te bekamp. Teen 5 Oktober is 127 positiewe gevalle op 15 plase aangemeld, met 20 toesigspanne en 10 padblokkades wat in…
6 Oct 12AM 1 min

VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog…
6 Oct 12AM 1 min

AfriForum vra vir ingryping teen geweld onder onwettige mynbougroepe

AfriForum het die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, gevra om dringend in te gryp met voortslepende geweld tussen vermeende onwettige mynbougroepe in Schoemanskloof, Mpumalanga. Ses vermoedelik onwettige mynwerkers is in Augustus doodgeskiet, met nog skietvoorvalle wat verlede week aangemeld is. Jacques Broodryk van AfriForum vra die polisie om die groter…
6 Oct 12AM 1 min

36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081…
5 Oct 11AM 1 min

Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel

Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
5 Oct 11AM 1 min

Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse

Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en…
5 Oct 10AM 1 min

Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder

Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die…
5 Oct 10AM 1 min

EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag

Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat…
5 Oct 10AM 1 min

SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae

Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte…
5 Oct 9AM 1 min

Integreer KI-leerstelsels in onderwys, vra NIED-hoof

Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, of NIED, doen 'n beroep op die naatlose integrasie van kunsmatige intelligensie-leerstelsels in die onderwysstelsel. Tydens die amptelike opening van die Nasionale Konvensie oor IKT in Onderwys in Otjiwarongo het Simalumba die belangrikheid beklemtoon van die ontwikkeling van menslike kapasiteit, om…
5 Oct 9AM 1 min
180 – 200