Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
180 – 200

Top-spelers bly by LIV

Die Amerikaner Bryson DeChambeau, Jon Rahm van Spanje en die Australiër, Cam Smith, gaan vanjaar by LIV Gholf aanbly. Dit volg ná Brooks Koepka se aankondiging dat hy die Saoedi-ondersteunde kompetisie na vier seisoene verlaat en na die PGA-toer terugkeer. Smith, wat die Ope in 2022 gewen het, sê hy…
14 Jan 4AM 1 min

Trump waarsku Iran oor teregstellings

President Donald Trump het betogers in Iran aangemoedig om aan te hou betoog en belowe dat hulp op pad is. Volgens die Amerikaans-gebaseerde Human Rights Activists News Agency is 2 403 betogers in Iran dood sedert betogings teen die regering in Desember begin het. Dit sluit 12 betogers jonger as…
14 Jan 3AM 1 min

Akkerbouraad se boeke is gesond

Die Namibiese Akkerbouraad het 'n surplus van 152,3 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2025 aangeteken, teenoor 107,6 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Die raad sê die prestasie is gedryf deur hoër heffingsinkomste, sterk beleggingsopbrengste en voortgesette kostebeheer regdeur die organisasie. Totale inkomste vir die jaar…
14 Jan 3AM 1 min

EU oorweeg verdere sanksies teen Iran

Namate die skaal van die geweld teen betogers in Iran aan die lig kom, is die internasionale gemeenskap besig om protes aan te teken en stappe te doen. Brittanje se minister van buitelandse sake, Yvette Cooper, het Dinsdag gesê die regering het die Iranse verteenwoordiger in die land ontbied om…
14 Jan 1AM 1 min

Klimaataksie en ekonomiese groei werk saam - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê 'n land se klimaataksie-doelwitte en ekonomiese ambisies kan saamwerk vir groter voorspoed. Hy was aan die woord tydens die Abu Dhabi Volhoubaarheidsweek wat onder die tema "Nexus of Next: All Systems Go" gehou is. Ramaphosa sê lande wat klimaataksie-strategieë aangepak het, het gevind dat daardie ingryping…
14 Jan 1AM 1 min

Groot planne vir aanleg op Grootfontein

Grootfontein se nuwe dorpsraad beplan om 'n vervaardigingsaanleg vir baksteen en plaveisel op te rig. Die projek, wat volgende week tydens die raad se eerste vergadering ter tafel gelê sal word, sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede skep. Die voorsitter van die raad, Bennet Namaseb, het aan Kosmos…
14 Jan 1AM 1 min

Ekstra besteding vir gesondheid verwelkom, maar nog is nodig

Cosatu verwelkom die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die Spesiale Begrotingswetsontwerp, wat 'n bykomende 754 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Departement van Gesondheid verskaf. Dit volg na 'n tekort wat veroorsaak is deur die inperking van Amerikaanse befondsing. Die vakverbond doen 'n beroep op die regering om voldoende hulpbronne in…
14 Jan 1AM 1 min

Agoa: Solidariteit sê GNU moet spanning met VSA verminder

Die vakbond Solidariteit het die besluit van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verwelkom om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verleng. Hulle het die regering versoek om sy diplomatieke geskil met die VSA op te los. Die vakbond sê Suid-Afrika se moontlike uitsluiting van Agoa bedreig derduisende…
14 Jan 12AM 1 min

Michael Carrick sal Man U lei

Die gewese speler, Michael Carrick, is tot die einde van die seisoen as Manchester United se waarnemende hoofafrigter aangestel. Dit volg nadat Ruben Amorim die span op 5 Januarie ná 14 maande verlaat het. Die 44-jarige Carrick was vir drie wedstryde United se tydelike afrigter nadat Ole Gunnar Solskjaer in…
14 Jan 12AM 1 min

NamPol vra veiligheid vir leerders by skole

Nampol doen 'n beroep op ouers en voogde om hul kinders, veral dié wat in Graad 0 en Graad 1 begin, leer om altyd aangewese aflaai- en optelsones te gebruik. Ouers word ook aangemoedig om hul kinders na en van die skoolhek of klaskamer te begelei totdat hulle vertroud is…
14 Jan 12AM 1 min

Uitslae: Nanso gee 'n voorlopige 'thumbs up'

Reaksie word ontvang op die 2025 eksamenuitslae, en waarnemers meen dat punte oor die algemeen en in vergelyking met vorige jare verbeter het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorthea Nangolo, die president van die Namibiese nasionale studente-organisasie, wat sê die uitslae lyk belowend.
13 Jan 11PM 1 min

Daar is 24 Namibiërs wat na Mianmar verhandel is

Die internasionale betrekkinge-ministerie het bevestig dat 24 Namibiese burgers verstrengel is in gesofistikeerde transnasionale misdaadnetwerke wat in Mianmar en Thailand bedrywig is. Verlei deur wat gelyk het na wettige werk-, opvoedings- en sportgeleenthede, bevind baie hulself nou slagoffers van bedrog en moontlike mensehandel. Die regering sê dat hulle nou saamwerk…
13 Jan 11PM 1 min

Bryanston se gekaapte eiendomme in Jhb se visier

Die Stad Johannesburg het ingrypings teen beweerde eiendomskaping, onwettige besetting en grondgebruik in die Bryanston-omgewing verskerp. Dit volg na wetstoepassingsowerhede op twee eiendomme in Bryanston-rylaan toegeslaan het waar beweerde onregmatige bedrywighede plaasgevind het. Die metro se woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê immigrasiebeamptes het twee bewoners, een van elke eiendom, gearresteer omdat…
13 Jan 10PM 1 min

Trump bemoedig Iran-betogers om aan te hou

Amerikaanse president Donald Trump het Iraniërs Dinsdag op Truth Social aangemoedig om aan te hou betoog en gesê hulp is op pad, sonder om besonderhede te gee. Hy het bygevoeg dat hy alle vergaderings met Iranse amptenare gekanselleer totdat die "sinnelose doodmaak" van betogers opgehou het. SkyNews se korrespondent in…
13 Jan 10PM 1 min

Skoffel en plant nóú vir suksesvolle oeste, vra goewerneur

Na etlike dae van bestendige reënval het die Oshikoto-streekgoewerneur, Sacky Kathindi, boere versoek om sonder versuim hul lande voor te berei en voldoende gewasse te plant. Hy het beklemtoon dat tydige beplanning en aanplanting sal help om huishoudelike voedselsekerheid te verseker en selfs 'n surplus kan produseer. Kathindi het boere…
13 Jan 10AM 1 min

VF Plus vra ramptoestand oor bek-en-klou

Die Vryheidsfront Plus vra vir die afkondiging van 'n ramptoestand in reaksie op die bek-en-klouseer-uitbreking. Die party waarsku dat die siekte nou van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap na groot voerkrale versprei het, wat die beesvleisbedryf en boere se lewensbestaan bedreig. Wynand Boshoff van die VF Plus sê 'n amptelike ramptoestand…
13 Jan 10AM 1 min

WAP skitter in matriekeksamen, is gereed vir nuwe jaar

Nie alle skole is al oop nie met die laaste wat môre, die 14de open. Cambridge-leerplanskole het vandag matriekuitslae bekend gestel maar IEB skole spog al van verlede jaar af met goeie resultate. Alida Hill, die hoof uitvoerende beampte van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, het op sosiale media 'n boodskap met…
13 Jan 9AM 1 min

US$250 miljoen wag vir Namibiese transformasie beleggingsplan

Namibië is deur die internasionale Climate Investment Funds genooi om ’n sektorale transformasie beleggingsplan te ontwikkel, wat die nasionale pyplyn van industriële ontkolingsprojekte sal rig. Dit beoog die mobilisering van tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in gerigte kapitaal, tesame met bykomende befondsing van multilaterale ontwikkelingsbanke en finansiële instellings. Die Namibië…
13 Jan 9AM 1 min

Los grondgeskille deur die wet op, nie geweld: Nahas Angula

'n Noodlottige skietery wat dorpshoofde in die Ondonga Tradisionele Owerheid geteiken het en waarin een gesterf het, is toegeskryf aan diepgewortelde mislukkings in gemeenskaplike grondbestuur. Terwyl grondgeskille toenemend geweld aanwakker, sê Swapo-veteraan Nahas Angula aan Kosmos 94.1 Nuus dat geweld nooit 'n oplossing is nie en dring daarop aan dat…
13 Jan 9AM 1 min
180 – 200