VSA monitor uitbreking by Russiese laboratorium

Loading player...
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê die VSA monitor die geval van 'n Russiese laboratoriumwerker wat verlede week gesterf het ná 'n gerapporteerde ongeluk by 'n pes-navorsingsinstituut in Siberië. Rubio sê hy dink nie daar is rede tot kommer nie, maar wel rede tot fokus en om 'n oog daaroor te hou. Darya Shipilova, 'n 28-jarige werker by die teen-pes instituut in die stad Irkutsk, het by die werk siek geword. Sy is twee dae later, op 2 Oktober in 'n streekhospitaal in die nabygeleë dorp Shelekhov dood. Dit is steeds onduidelik hoe sy siek geword het. SkyNews se Ivor Bennett doen verslag.
6 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens

Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat…
13 Oct 12AM 1 min

2026/2027 Kersseisoen-padveiligheidsveldtog amptelik geloods

Twintig Nampol-lede sal die Kers-seisoen na van die land se groot padongeluk-brandpunte ontplooi word om toe te sien dat padverbruikers die land se padreëls gehoorsaam. Tydens die amptelike bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog het waarnemende polisiehoofinspekteur, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda gesê dat 30 polisie-voertuie deel van die ontplooiing sal vorm. Sy…
13 Oct 12AM 1 min

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle…
12 Oct 11PM 1 min

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min