Rubio sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy militere basisse

Loading player...
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf Britse burgers, wat later op borgtog vrygelaat is. Rubio sê hy sal nie die verwydering van die bomwerpers van Fairford regstreeks met verlede week se voorval verbind nie:
6 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min