NLU prys wéér land se BKS-reaksie

Loading player...
Die Namibiese Landbou-unie sê hy stem saam met die Europese Unie se lofprysings vir die manier hoe die regering en die Direktoraat Veeartseny-dienste tot dusver die bek-en-klouseer uitbreking hanteer het. Die EU het Maandag die tydelike opskorting van invoere van Namibiese vleis-produkte na die streek aangekondig. Unie-president, Thinus Pretorius, sê President Netumbo Nandi-Ndaitwah se jongste opdatering verbeter ook vertroue in die regering se BKS-reaksie:
6 Oct 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min