Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dring aan op onmiddellike stappe om die skuldigbevindingsyfers vir bende-, vuurwapen- en dwelmmisdade te verbeter nadat die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke hoë geweldmisdaad toon. Die Burgemeesterskomiteelid, Lyndon Khan sê die stad bied hulpbronne aan, insluitend dossiere wat gereed is vir vervolging, beamptes van die Wetstoepassing…
Bank Windhoek verskerp die stryd teen digitale bedrog deur gevorderde biometriese verifikasie op sy mobiele toepassing in te faseer. Namate kubermisdaad wêreldwyd en tuis toeneem, sê die bank dat die nuwe tegnologie, wat vingerafdrukke en gesigsherkenning gebruik, 'n feitlik ondeurdringbare laag van beskerming byvoeg. Uitvoerende beampte Ryan Geyser sê die…
Oekraïne se nasionale veiligheidsraadsekretaris, Rustem Umerov, sê die jongste vredesgesprekke met die VSA was produktief en suksesvol. Umerov, wat Kiëf se nuwe hoofonderhandelaar is, het Sondag met Amerikaanse amptenare onder leiding van die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in Florida vergader vir verdere gesprekke. Amptenare het gefokus op die…
President Cyril Ramaphosa sê ten spyte van die uitdagings en misverstande wat ontstaan het, bly Suid-Afrika ʼn goeie vriend van die Amerikaanse mense. Hy sê dis jammer Amerika het nie aan die G20-leiersberaad deelgeneem nie. Ramaphosa sê die redes wat Amerika aangevoer het, is gebaseer op vals bewerings dat Suid-Afrika…
President Donald Trump sê sy waarskuwing oor die Venezolaanse lugruim was nie 'n teken dat 'n lugaanval op hande is nie. Hy het onlangs gewaarsku dat land-aanvalle teen dwelmsmokkelnetwerke binnekort kan plaasvind, en dat die lugruim bo Venezuela in sy geheel gesluit sal word. Trump sê hy het die lugruimwaarskuwing…
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag gesê hy verwag dat gesprekke met Oekraïnse amptenare "meer vordering" sal lewer oor 'n ooreenkoms om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Oekraïne se afvaardiging is gelei deur 'n nuwe hoofonderhandelaar, die sekretaris van die nasionale veiligheidsraad, Rustem…
Die langbaanrenne op Tony Rust die naweek, die laaste been van die 2025 Nasionale Baanrenkampioenskappe, het nie teleurgestel nie. Oudergewoonte van Francois Lottering van Motor Media Namibia daar.
Namibië se Junior Mans het 'n kragtige vertoning gelewer om Egipte met 4-2 te verslaan by die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Indië. Deur twee doele in elke helfte aan te teken, het die span hul eerste oorwinning ooit by die toernooi gevier, 'n mylpaal-oomblik vir Namibiese hokkie. Josh van…
Die regering het ongeveer 4 miljoen Namibiese dollar bestee om parlementslede van luukse iPhones en Samsung-fone te voorsien, volgens die Namibia Business Review. Daar is altesaam 142 parlementslede, 104 in die Nasionale Vergadering en 42 in die Nasionale Raad. Kabinetsministers word egter uitgesluit van die ontvangs van hierdie toestelle. Die…
Namibië se monetêre beleidskomitee vergader vandeesweek en die meeste ekonomiese aanwysers is ten gunste van die verlaging van die sentrale bank se repokoers. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ontleder Almandro Jansen gepraat. Hy verduidelik hoekom hy goeie rentekoersnuus Woensdag verwag:
Die uiters lae stempersentasie in verlede week se streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings het dalk ‘n rol gespeel het in Swapo se goeie vertoning by die stembus. Die stempersentasie in die streeksraadverkiesing was 40,6 persent en 36,3 persent in die plaaslike owerheidsverkiesing. Swapo het 63,35 persent van die stemme in die…
Akkerbouvooruitsigte vir volgende jaar lyk baie belowend en dié subsektor se waardetoevoeging tot die Namibiese ekonomie sal na verwagting meer as drie miljard Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham van die Akkerbouraad van Namibië oor die algehele oesvooruitsigte vir 2026 gepraat:
Red Bull-renjaer Max Verstappen het die Katar Grand Prix gewen en seker gemaak die bestuurderskampioenskap word die naweek in die seisoen se laaste wedren in Abu Dhabi bepaal. McLaren se alternatiewe strategie het hom duur te staan gekom met Oscar Piastri wat tweede was en die kampioenskapsleier, Lando Norris, vierde…
Vier verdagtes verskyn môre in die Kemptonpark-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is vir vermoedelike oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hulle is by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep terwyl hulle op pad na Rusland was. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê 'n…
Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong'o sê sy sal nie weer slawernyrolle aanvaar nie. Tydens 'n gesprek met die Grammy-bekroonde Beninese-Franse sangeres en aktrise, Angélique Kidjo, op Inside Africa, verduidelik Nyong’o sy wil die narratief verander van wat dit beteken om 'n Afrikaan te wees. Sy voeg by selfs al beteken…
Die adjunkminister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Steve Letsike, vra vir strenger vonnisse in statutêre verkragtingsake. Die jongste statistieke dui daarop dat minstens 117 000 meisies tussen tien en 19 jaar in die afgelope boekjaar geboorte geskenk het. Sy sê die syfers stem nie ooreen…
Die hoof van openbare betrekkinge van AfriForum, Ernst van Zyl, het bevindinge van die World Must Know-verslag by die Verenigde Nasies se 18de Forum oor Minderheidsake ingedien. Die verslag is ook aan die VN se spesiale rapporteur, Nicolas Levrat, oorhandig. Van Zyl het verwys na kommer oor kwessies wat minderhede…
30 Nov 3AM
1 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.