Die binnelandse sake-ministerie sê streng wetlike protokolle en ouditeerbare toegangslogboeke is ingebou in die nuwe elektroniese identiteitstelsel om wydverspreide identiteitsdiefstal te bekamp en dataprivaatheid te verseker. Hoofregistrateur Jackson Wandjiva sê gemagtigde liggame soos wetstoepassing, intelligensie en die Ombudsman kan slegs toegang tot identiteitsdata verkry deur aangewese wetlike kanale, met elke…
Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie…
Die oorlaai van voertuie en motoriste wat veels te vinnig bestuur bly van die kopsere op Windhoek se paaie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van wat tydens vanoggend se skof van Roadwatch gebeur het:
Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof…
Die velbrand wat Sondag in die Otjozongombe-gebied ontstaan het is deur weerlig veroorsaak. Dis volgens die senior bosboutegnikus by die ministerie van bosbou in die Kunene-streek, Frans Amunyela. Amunyela het met Nampa gepraat en sê die brand is nog steeds aktief en het reeds groot dele van die veld vernietig:
Die vakbondfederasie Saftu sê 'n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van paraffien-pryse met 3-Namibiese-dollar-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne. Asive Dyani van Saftu het die jongste brandstofprysstygings veroordeel en waarsku…
Ons bly met plaaslike nuus: Die stigter van SMEs Compete, Danny Meyer, waarsku dat plaaslike ondernemings wat ongevraagde strooipos-e-posse vir bemarking gebruik, die risiko loop om kliënte te vervreem, en noem digitale indringing 'n simptoom van swak sakekultuur. Meyer sê dat die verwarring van strooipos met effektiewe bemarking verbruikersweerstand skep…
Die VF Plus vra president Cyril Ramaphosa om plaasmoorde te erken en te veroordeel nadat die 70-jarige Hannetjie van Zyl gisteraand naby Ottosdal in Noordwes vermoor is. Die party sê Van Zyl is by haar plaashek op die Doornpan-pad aangeval en is op pad hospitaal toe dood weens 'n hou…
Die hoof van die verdedigingsmag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die voltooiing van 'n gesamentlike grensopruimingsoperasie aangekondig, wat 120 km langs die Namibië-Zambië-grens in die Zambezi-streek skoongemaak het. Pinehas het bevestig dat troepe 'n buffersone van 30 meter langs die grenslyn geskep het, en het personeel geprys vir die oorkoming van…
Die afrigter van FNB Wanderers, Darryl de la Harpe, sê sy span is gereed om Saterdag om 4-uur in die eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga teen FNB Kudus te speel. Die wedstryd vind by die Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die verdedigende kampioene, Kudus, het Montego United in hul…
Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het…
Miljarde Namibiese dollar vloei tans na die buiteland vir gespesialiseerde dienste in die olie- en gassektor. Die Bank van Namibië sê dat die land in die tweede kwartaal vanjaar 'n netto uitvloei van 4,8 miljard Namibiese dollar vir dienste aangeteken het, 'n 51,1 persent styging in 'n jaar, deels weens…
In Suid Afrika het brandstof-pryse ook vandag duurder geword, met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Petroleumkleinhandelaars wat waarsku die prysstygings gaan verdere druk op huishoudings en besighede plaas. Die prys van petrol het met meer as drie-Namibiese dollar per liter gestyg, terwyl die pryse van diesel en paraffien ook skerp toegeneem…
Die Withuis krabbel terug nadat Amerikaanse president Donald Trump by 'n verkiesingsveldtog in Nebraska gesê het dat Iran Los Angeles en San Diego kan vernietig, en dat dit 'n klein prys sal wees om te betaal vir veiligheid. Volgens die Withuis het Trump bedoel Amerikaanse stede sou deur Iran bedreig…
Kenia se gesondheidministerie het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Gesondheidminister Aden Duale sê 'n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek van die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is Maandagaand oorlede. Hy…
Zack von Wielligh, ’n voormalige naelloper en losvoorspeler van Windhoek Gimnasium, het ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik. Die jong Namibiër is gekies vir die Springbok-sewesgroep vir die Mauritius Sevens-toernooi. Von Wielligh het sy internasionale debuut vir die Blitsbokke-seniorspan in Cascavelle, Mauritius, gemaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus…
Bestuurskenner Pius Dunaiski sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se onlangse opmerkings oor armoede beklemtoon die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee meeste Namibiërs te kampe het. Tydens die One Economy Foundation se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid het Nandi-Ndaitwah gesê dat te min Namibiërs ekonomies bemagtig is, wat daartoe lei dat diegene met finansiële middele met…
Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vra vir sterker wetlike beskerming vir bejaardes wat valslik van heksery beskuldig word. Hulle ly dikwels aan ongediagnoseerde toestande soos vaskulêre demensie. Holtzhausen kritiseer owerhede vir hulle versuim om bestaande wette en Pan-Afrikaanse riglyne toe te pas, wat slagoffers kwesbaar laat vir menseregteskendings…
Die petrolprys styg vanaand om middernag met 1 dollar 50 sent. Dit terwyl die olieprys begin daal het na die G7-lande se ooreenkoms om 100 miljoen vate ru-olie en diesel uit strategiese reserwes vry te stel. Brent ru-olie verhandel tans net bo 98 Amerikaanse dollar per vat. Ekonoom Dawie Roodt…
6 Oct 10AM
1 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.