SA dieselpryse styg tot byna N$32 per liter

Loading player...
Met brandstof-pryse wat vanoggend beide hier en in die buurland gestyg het, betaal Suid-Afrikaners van vandag af byna 32-Namibiese dollar vir 'n liter diesel. Dit, terwyl ongeveer 'n derde van die wêreldwye uitvoeraanbod geraak word deur die sameloop van twee oorloë en die geostrategiese stryd daaromheen. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gesels, wat sê dat die impak oral gevoel word, ook hier in Namibië.

TERUG: In die buurland kos 'n liter 93 petrol 29-Namibiese-dollar-88-sent, 95 petrol 30-dollar-25-sent, en 'n liter 0.005-persent diesel 33-dollar-29-sent in die binneland. 'N liter paraffien verkoop nou teen 24-dollar-47-sent per liter.
7 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min