US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
60 – 77

STEINHOFF'S SHADOW

Rob Rose, James-Brent Styan en Pieter du Toit, in gesprek met Peter Bruce Steinhoff se ineenstorting het ’n lang skadu gegooi oor die Johannesburgse Effektebeurs, die pensioenfondse van miljoene gewone Suid-Afrikaners én magnaat Christo Wiese – veral toe stories van gekookte syfers en ’n vinnige lewe van renperde en ’n…
5 Mar 2019 1 hr 01 min

"PAPBOEK" VIR 'N VERRAAIER

Harry Kalmer en Hannelie Coetzee, in gesprek met Ingrid Winterbach Die storie van ’n Hollander wat vir die Boere geveg het en as verraaier deur die Wolmaransstad-krygshof gefussileer is, het Harry Kalmer en kunstenaar Hannelie Coetzee só geïnspireer dat hulle ’n “anderse” boek daarvan wou maak. Die uiteinde is ’n…
5 Mar 2019 58 min

DIE BRAAMBOS BLY BRAND

Met: Chris Jones, Pieter Malan, Julian Jansen, Rachelle Greeff en Valiant Swart Aangebied deur Naledi Pieter Malan en Chris Jones, samestellers van Die braambos bly brand – nie-teoloë se perspektiewe op Bybelverse, gesels met sanger Valiant Swart, skrywer Rachelle Greeff en joernalis-skrywer Julian Jansen oor hulle bydraes tot dié spesiale…
4 Mar 2019 43 min

AMORE BEKKER; TOE-VAL-LIG

Met: Izak du Plessis Aangebied deur Human & Rousseau Amore Bekker van RSG se keuse van die 100 beste, soms ongelooflike ware stories van toeval, soos uitgesaai in haar middagprogram, Tjailatyd, is ’n spanpoging. Luisteraars landwyd deel hulle ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar aanraak,…
4 Mar 2019 47 min

KICK-ASS HEROINES

Joanna Trollope, Carina Diedericks-Hugo en Sophia Kapp, in gesprek met Hannelie Booyens Die Britse blitsverkoper (haar boekverkope raak-raak aan 7 miljoen!) het nie ’n wag voor haar mond nie. As ontvanger van die Order of the British Empire het sy dalk nie een nodig nie. En oor een ding bly…
4 Mar 2019 57 min

RAINBOW NATION BY CAR

Dana Snyman en Sihle Khumalo, in gesprek met Erns Grundling Aangebied deur Penguin Random House Net soos Dana Snyman in Uit die binneland, openbaar Sihle Khumalo ’n groot liefde vir die platteland en sy mense. En dis hierheen waarna hy terugkeer in Rainbow Nation My Zulu Arse, sy tong stewig…
4 Mar 2019 1 hr 01 min

GERAAMTES VAN 'N OU REGIME

Liza Smit, Raquel Lewis en Evelyn Groenink, in gesprek met Anneliese Burgess Liza Smit was 13 toe haar aanneem- ouers, die NP-politikus Robert Smit en sy vrou, raaiselagtig vermoor is, met “RAU TEM” teen die muur geverf as die enigste leidraad. In Incorruptible ondersoek die Nederlandse joernalis Evelyn Groenink oor…
4 Mar 2019 1 hr 02 min

DIE KRIEGLER-GESPREK

Johann Kriegler gesels met Rafael Marques de Morais en Adriaan Basson Oudregter Johann Kriegler ondervra twee topjoernaliste, 2018 se World Press Freedom Hero Rafael Marques de Morais van Angola, en News24- redakteur en skrywer Adriaan Basson, oor die wisselwerking tussen persvryheid en menseregte en watter rol ondersoekende joernaliste kan speel…
4 Mar 2019 1 hr 05 min

REBELLIE EN VERSET

Met: Connie Palmen, Adrian “Diff” van Wyk en Valda Jansen Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV Die grande dame van Nederlandse letterkunde Connie Palmen debatteer met plaaslike skrywers Valda Jansen en Adrian “Diff” van Wyk oor die jeug, rebellie en verset: Behoort dit net aan die…
2 Mar 2019 59 min

WAAR BENDES REGEER

Jeremy Vearey, Anneliese Burgess en Judith February, in gesprek met Herman Wasserman Of dit staatskaping is waar ’n groepie korrupte elite die geldkoffers plunder, ’n transito-paneelwa wat deur balaklawa-rowers aan flarde geskiet word, of ’n territoriale vete op die Vlakte wat geen kinderlewe ontsien nie, ons land word regeer deur…
2 Mar 2019 1 hr 06 min

DEON MEYER: PROOI

Aangebied deur Human & Rousseau Met: Irma Venter Griessel en Cupido wil nie die dossier hê nie. Die een van Johnson Johnson, die oudpoliesman wie se lyk langs die treinspoor anderkant Drie Susters gekry is. En daar’s groot druk van bo af om dit selfmoord te noem. Dit lyk al…
2 Mar 2019 1 hr 01 min

VALSE VRIENDE

Vytjie Mentor en Johan Booysen, in gesprek met Pearlie Joubert Die Zuma-fluitjieblaser Vytjie Mentor (No Holy Cows) en oudhoof van die KwaZulu-Natal Valke, majoor-generaal Johan Booysen (Blood On their Hands – General Johan Booysen Reveals His Truth), praat pront oor die etiket van om as “verraaier” gebrandmerk te word, en…
2 Mar 2019 45 min

TSAFENDAS AND VERWOERD: THE MURDER, THE MADNESS

Harris Dousemetzis, in gesprek met Leti Kleyn Aangebied deur Jacana Media Op 6 September 1966 het Eerste Min- ister Hendrik Verwoerd hom doodge- bloei nadat hy vier keer in die nek en bors gesteek is tydens ‘n parlementêre sitting. Die moordenaar, is gesê, was ‘n skisofreniese parlementêre bode. Maar ‘n…
2 Mar 2019 1 hr 02 min

HIER GAAT ONS! REISE EN RAMPE

Aangebied deur Hemel en See Boeke Die gewilde skrywer, reisiger, avonturier, TV-vervaardiger en blogger Gerard Scholtz deel pittige staaltjies uit sy bundel reisdagboeke oor Europa en veral die Balkan, waar sy en Anuta se geliefde skoeters, Silwer en Blou, sowel toeskouers as reisgenote was. Petrovna Metelerkamp vra hom uit.
1 Mar 2019 51 min

1Recce

Met: Alexander Strachan in gesprek met Fransjohan Pretorius Aangebied deur Tafelberg 1Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hulle lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime…
1 Mar 2019 56 min

BLOEDBANDE MET VERWOERD

Wilhelm Verwoerd, in gesprek met Lukhanyo Calata Aangebied deur Tafelberg Ná jare in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika om vrede te maak met sy eie familie en geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n bietjie, sit en skryf hy onder ’n gesinsfoto waarop sy oupa, Hendrik French Verwoerd, hom…
1 Mar 2019 55 min

PROVENCE RETOER

Marita van der Vyver, in gesprek met Ingrid Jones Aangebied deur LAPA Uitgewers Sy beskryf haar boek as: “Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma”. Met Retoer, Pretoria – Provence neem Marita van der Vyver haar leser op reis – van haar jeugherinneringe tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria tot…
1 Mar 2019 56 min
60 – 77