GERAAMTES VAN 'N OU REGIME

Liza Smit, Raquel Lewis en Evelyn Groenink, in gesprek met Anneliese Burgess

Liza Smit was 13 toe haar aanneem- ouers, die NP-politikus Robert Smit en sy vrou, raaiselagtig vermoor is, met “RAU TEM” teen die muur geverf as die enigste leidraad. In Incorruptible ondersoek die Nederlandse joernalis Evelyn Groenink oor ’n tydperk van 12 jaar die eweneens raaiselagtige sluipmoorde op die akti- viste Dulcie September, Chris Hani en Anton Lebowski. Anneliese Burgess be- spreek Incorruptible asook Raquel Lewis se Ek is Liza Smit met Liza, Evelyn en Raquel aan die hand van vrae, soos die relevansie vandag van stories wat die wandade van ’n vorige regime aan die kaak stel, en die verantwoordelikheid wat dit van verslaggewers vereis.