BLOEDBANDE MET VERWOERD

Wilhelm Verwoerd, in gesprek met Lukhanyo Calata Aangebied deur Tafelberg

Ná jare in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika om vrede te maak met sy eie familie en geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n bietjie, sit en skryf hy onder ’n gesinsfoto waarop sy oupa, Hendrik French Verwoerd, hom as ’n baba vashou. In Bloedbande probeer hy nie net dié menslike oupa versoen met die algemene beeld van die gehate onderdrukker nie. Hy vind ook sy ouma Betsie se private dagboeke en begin in ’n uitreikpoging onderhoude met mense voer. Só ontvou ’n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.
Loading player...