KICK-ASS HEROINES
--:--
Joanna Trollope, Carina Diedericks-Hugo en Sophia Kapp, in gesprek met Hannelie Booyens
Die Britse blitsverkoper (haar boekverkope raak-raak aan 7 miljoen!) het nie ’n wag voor haar mond nie. As ontvanger van die Order of the British Empire het sy dalk nie een nodig nie. En oor een ding bly sy nie stil nie, die suutjiestrapheldinne in gewilde verhale vir vroue. Hoekom is daar niemand wat sê hulle kies ’n beroep bó ’n huis en kinders nie? Waar is die gewilde verhale wat vroue in verhoudings eie aan ons tyd uitbeeld? Sy en twee sterk plaaslike vroueskrywers, Carina Diedericks-Hugo en Sophia Kapp, debatteer dié treurige stand van sake. Of het dinge al verbeter? Met Hannelie Booyens aan die stuur.