1 Mar PROVENCE RETOER

Marita van der Vyver, in gesprek met
Ingrid Jones

Aangebied deur LAPA Uitgewers

Sy beskryf haar boek as: “Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma”. Met Retoer, Pretoria – Provence neem Marita van der Vyver haar leser op reis – van haar jeugherinneringe tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria tot in die Franse platteland. Sy gesels met Ingrid Jones oor die karre van haar kleintyd
(’n bruin Opel en ’n geel kewer), liefde, ma-wees van ’n tienerdogter in die tyd van #MeToo, en ouer word.
Loading player...