Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
31
MAY

BESTE PROFESSOR: SUID-AFRIKA IN 2018- BEGIN OF EINDE?

Die oud-rektor van die US, prof.
Andreas van Wyk, en ander akademici
gesels vir oulaas in dié gewilde reeks.
Willie Breytenbach, afgetrede politieke
wetenskaplike aan die US, deel sy
wysheid oor verspeelde kanse en
nuwe geleenthede vir Suid-Afrika.
31
MAY

ETIESE KWESSIES IN DIE PRAKTYK VAN HARTOORPLANTINGS

Moontlik gemaak deur MediClinic en
Edwin Hertzog, voorsitter van MediClinic.
Met: Anton van Niekerk, direkteur
van die US se Sentrum vir Toegepaste
Etiek, en Susan Vosloo, hartchirurg.
Soos by die oorplanting van enige
orgaan gaan ’n hartoorplanting gepaard
met verskeie etiese vraagstukke. Die
omstandighede van die skenker én die
ontvanger is belangrik asook dinge soos
nuwe wetenskaplike ontwikkelings,
kultuur en geloof. Verdien dit ook etiese
oorweging? Een van Suid-Afrika se voorste
hartchirurge werp lig op van die kwessies
rakende dié ingrypende operasie.
31
MAY

IS DIT ’N TYDBOM WAT SO TIK?

Met: Gert Grobler, Leon Schreiber
en Sanusha Naidu.
Is die wêreld weer besig om, soos voor
die Tweede Wêreldoorlog, ’n onveilige
plek te word? Kenners reken die
kanse op internasionale oorlog word
toenemend groter. Wat kan die vonk by
die kruitvat wees? En hoe moet SuidAfrika
hom in hierdie arena posisioneer?
31
MAY

'N EEU VAN LANDBOU: DIE VEEBEDRYF

100 jaar se kennis en
impak uit Stellenbosch.
Die landboufakulteit was onder die eerste
departemente wat geskep is toe die
Universiteit Stellenbosch in 1918 tot stand
gekom het. Sedertdien het die universiteit,
landbounavorsingsgenote in die distrik
asook die boere in die omgewing
daartoe bygedra dat Stellenbosch
oor die afgelope 100 jaar tot een van
die spilpunte van die Suid-Afrikaanse
landbou ontwikkel het. Kom luister wat
akademici, bedryfsleiers, voorste boere
en jukskeibrekers (mavericks) oor landbou
van 1918 tot 2018 én daarna te sê het.
29
MAY

SUNA VENTER GEDENKLESING: HUMAN. HUMANE. HUMANITY.

Met: Imtiaz Sooliman.
Die joernalis Suna Venter, wat in 2017
op 32-jarige ouderdom aan ‘gebroke
hart’-sindroom (streskardiomiopatie)
oorlede is, was een van ’n nuwe geslag
kampvegters vir mediavryheid. As een
van die sogenoemde SABC 8 het sy
stelling ingeneem teen pogings om die
redaksionele onafhanklikheid van die
SABC se nuusprogramme in te perk. Sy
en die ander sewe joernaliste het saam
die Nat Nakasa-prys vir mediavryheid
ontvang. Maar Suna moes die hoogste
prys betaal ná ’n uitgerekte proses van
volgehoue intimidasie en teistering. Kom
luister na Imtiaz Sooliman, stigter van die
organisasie Gift of the Givers, se gedagtes
oor menswees en medemenslikheid.
Hy het Suna goed geken en sy het
hom dikwels vergesel na oorlogs- en
rampgebiede om verslag te doen.
Suna het sedert 2009 die US Woordfees
bygewoon as lid van die RSG-nuusspan.
04
MAY

IS STELLENBOSCH VOL?

In samewerking met Stellenbosch 360.
Gesprekleier: Andreas van Wyk.
Met: Elize Anthony (sakevrou), Pat Botha
(belangegroep), Stan du Plessis (US),
Annemarie Ferns (Stellenbosch 360),
Dale Simons (sakeman) en Gesie van
Deventer (burgemeester).
Baie Stellenbossers meen die dorp
raak vinnig oorvol: Daar is al hoe meer
inkommers, meer woonkomplekse, meer
studente, meer besoekers, meer karre. In
die proses gaan die wese van Stellenbosch
as ’n historiese Bolandse dorp verlore. Is
dit so? Is dit ’n probleem? Indien wel, kan
en wil die dorp se inwoners iets daaraan
doen? Kom besin saam oor dié tameletjie.
02
MAY

GELOOF OP DIE MARKPLEIN-GESPREKREEKS:

Aangebied deur die Stellenbosch
NG Moedergemeente.
Met: Johan van der Merwe, Leslie van Rooi, Nadia Marais
en Michelle Boonzaaier.
Gegewe die patriargale kultuur waarbinne
die Bybel tot stand gekom het, kon die kerk
hom/haar ooit uit die greep van manlike
oorheersing bevry? Is interseksionele
feminisme vreemd aan die wese van die
kerk en waar staan die kerk ten opsigte
van die aanvaarding of veroordeling
daarvan? (‘Interseksie’ is ’n handeling
of plek van deursnyding of kruising.)

9 episodes