Navorsingsgroep meen SA stuur af op ‘mislukte staat’

In hierdie week se "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, ʼn navorsingsgroep se vooruitskatting dat Suid-Afrika afstuur op ʼn mislukte staat indien ekonomiese beleid nie verander nie. Hy kyk verder ook na Nersa se groen lig vir bykomende kragopwekkingskapasiteit en die DA wat eis dat alle Covid-19-afsonderingsmaatreëls afgelas moet word.