Namibië se handelstekort bereik N$4,7 miljard in September

Loading player...
Namibië het in September 2026 'n handelstekort van N$4,7 miljard aangeteken, met uitvoere wat met 3,4 persent gedaal en invoere wat met 2,1 persent gestyg het. Volgens die Namibië Statistiekagentskap is die afname in uitvoere hoofsaaklik weens laer inkomste uit diamante, vis, goud en beesvleis. Intussen is hoër invoere van swael, skepe en kunsmis aangeteken. Beesprodukte was die kommoditeit van die maand, met uitvoere ter waarde van N$323,3 miljoen teenoor invoere van slegs N$6,5 miljoen. NSA-woordvoerder Petronela Namushinga gee meer besonderhede:
10 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAUMA verwelkom verslag oor Stampriet-akwifeer

Die Stampriet-akwifeer-uraanmynvereniging (SAUMA) verwelkom ’n verslag van die Internasionale Atoomenergieagentskap wat kommer uitspreek oor die moontlike impak van die voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek op die beskerming van die Stampriet-akwifeer. Die verslag sê daar is nie genoeg bewyse om te verseker dat ondergrondse waterbronne beskerm sal word nie. Dit volg…
10 Nov 5AM 1 min

SA koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid en aanspreeklikheid bevorder

Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, SALGA, sê politieke partye moet gemeenskappe bo politieke belange stel wanneer hulle gereedmaak om munisipale rade saam te stel. In 138 rade is daar geen volstrekte meerderheid ná die plaaslikeregerings-verkiesing nie, en koalisies moet gevorm word. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê koalisie-ooreenkomste moet bestendigheid, aanspreeklikheid,…
10 Nov 5AM 1 min

Namcor heropen vulstasie in Otavi, herstel brandstoftoevoer

Motoriste wat deur Otavi reis, kan nou weer by NAMCOR brandstof ingooi ná die heropening van die staatsonderneming se vulstasie in die dorp. NAMCOR-woordvoerder Paulo Coelho sê die heropening is deel van die maatskappy se pogings om te verseker dat daar genoeg brandstof beskikbaar is en dat gemeenskappe en motoriste…
10 Nov 5AM 1 min

Gesondheidsministerie loods landwye inentingsveldtog vir kinders

Ouers word aangemoedig om kinders tussen die ouderdomme van ses maande en 10 jaar te laat inent tydens die gesondheidsministerie se landwye inentingsveldtog teen masels, rubella en polio. Die veldtog, wat van 9 tot 18 November duur, is daarop gemik om kinders teen hierdie voorkombare siektes te beskerm. Die gesondheid-ministerie…
10 Nov 4AM 1 min

Rugby: Erasmus verwag ’n fisiese kragmeting met Frankryk

Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag ʼn reuse-stryd teen Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-kragmeting in Parys. Hy het twee veranderinge aangebring aan die span wat Italië geklop het. Wilco Louw begin op vaskopstut terwyl Thomas du Toit na die bank skuif, en die skrumskakel Cobus Reinach vervang Grant Williams onder die plaasvervangers…
10 Nov 4AM 1 min