
Gesondheidsministerie loods landwye inentingsveldtog vir kinders
Loading player...
Ouers word aangemoedig om kinders tussen die ouderdomme van ses maande en 10 jaar te laat inent tydens die gesondheidsministerie se landwye inentingsveldtog teen masels, rubella en polio. Die veldtog, wat van 9 tot 18 November duur, is daarop gemik om kinders teen hierdie voorkombare siektes te beskerm. Die gesondheid-ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, sê inentings sal by gesondheidsfasiliteite, uitreikpunte, skole en vroeë-kindontwikkelingsentrums beskikbaar wees.

