
Mabushe-kliniek bring gesondheidsdienste aan 12 gemeenskappe
Loading player...
Inwoners van sowat 12 dorpe en nedersettings in die Mashare-kiesafdeling in die Kavango-Oosstreek sal nou toegang tot gesondheidsdienste hê met die amptelike inwyding van die Mabushe-kliniek. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het die kliniek Maandag saam met plaaslike en streekleiers amptelik ingewy. Die nuwe kliniek behoort die afstand wat inwoners moet aflê om mediese hulp te kry, aansienlik te verminder.

