
Iipumbu wil hê polisiebeamptes moet beter met hul geld werk
Loading player...
Die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu, sê finansiële geletterdheid behoort deel van opleiding vir alle polisiebeamptes te wees. Sy het Maandag tydens 'n vergadering by die Oshikoto-polisiestreekhoofkwartier in Omuthiya voorgestel dat eenhede gestig word waar beamptes finansiële opleiding kan ontvang. Iipumbu sê finansieel ingeligte beamptes kan beter geld-besluite neem en groter finansiële dissipline handhaaf.

