
Trump verdedig Hegseth te midde van moontlike ampsklagte
Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die Republikeinse kongreslid, Thomas Massie, gekritiseer omdat hy ampsklag-artikels teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, ingedien het. Massie beskuldig Hegseth dat hy onwettig, sonder die Kongres se goedkeuring, oorlog teen Iran maak en sy magte misbruik. Die poging sal waarskynlik misluk aangesien die Republikeine tot Januarie die mag in die Kongres behou. Daar moet teen môre daaroor gestem word. Trump sê hy ondersteun Hegseth:

