
Rugby: Erasmus verwag ’n fisiese kragmeting met Frankryk
Loading player...
Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag ʼn reuse-stryd teen Frankryk in Vrydagaand se Nasieskampioenskap-kragmeting in Parys. Hy het twee veranderinge aangebring aan die span wat Italië geklop het. Wilco Louw begin op vaskopstut terwyl Thomas du Toit na die bank skuif, en die skrumskakel Cobus Reinach vervang Grant Williams onder die plaasvervangers. Erasmus sê hulle moet hul wedstrydplan reg uitvoer en die meeste maak van die geleenthede wat hulle skep om punte aan te teken:

