
SAUMA verwelkom verslag oor Stampriet-akwifeer
Loading player...
Die Stampriet-akwifeer-uraanmynvereniging (SAUMA) verwelkom ’n verslag van die Internasionale Atoomenergieagentskap wat kommer uitspreek oor die moontlike impak van die voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek op die beskerming van die Stampriet-akwifeer. Die verslag sê daar is nie genoeg bewyse om te verseker dat ondergrondse waterbronne beskerm sal word nie. Dit volg nadat die Landbouministerie verduidelik het dat die boorlisensie wat aan Headspring Investments uitgereik is, nie toestemming vir uraanmynbou verleen nie. SAUMA se Wolfgang Teichert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

