
IPC se nuwe Khomas-voorsitter moet party se vertroue herstel
Loading player...
Die nuwe IPC-voorsitter in die Khomas-streek, Emrick Nangolo, sal volgens sy voorganger, Fritz Kaufmann, die uitdaging moet aanpak om die party se vertroue onder Namibiërs te versterk. Kaufmann sê die party moet gedissiplineerd en georganiseerd bly om betekenisvolle verandering teweeg te bring. Hy het by die streek se verkiesingskonferensie in Windhoek gepraat, waar Nangolo tot nuwe voorsitter verkies is. Kaufmann tree uit die pos, maar sê hy bly verbind tot die party se ideale.

