
Nasionale Enduro-kampioenskap sluit af met uitdagende Gallina-renne
Loading player...
Die laaste been van die Nasionale Enduro-kampioenskap het Saterdag by die Gallina-baan noord van Windhoek plaasgevind, met sowat 40 ryers wat in agt klasse meegeding het. Die byeenkoms het vanjaar ’n ander formaat gevolg, met ryers wat transponders gebruik het om hul tye by kontrolepunte op die roete aan te teken. Die uitdagende roete het grond, klippe, droë rivierlope en selfs watergevulde riviergedeeltes ingesluit, met die bergagtige terrein oos van Gallina wat ’n besondere uitdaging gebied het. Percy Openshaw van Crisis Response, wat die mediese diens gelewer het, sê hulle het geen insidente hanteer nie. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het meer.

