
COSATU vra sterker handels- en diplomatieke verhoudings tussen SA & VSA
Loading player...
COSATU vra die regering om voort te gaan met gesprekke met Washington ten einde diplomatieke betrekkinge te versterk en handel en belegging met die Verenigde State en ander groot handelsvennote te bevorder. COSATU se woordvoerder Matthew Parks hoop dat die pas verkose Amerikaanse Kongres met die Amerikaanse regering in gesprek sal tree oor die noodsaaklikheid van opbouende betrekkinge met Suid-Afrika. Hy sê dit sluit in die ondersteuning van die land se voortgesette lidmaatskap van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika.

