
Verspreide buie kan hitte in noorde en sentrale Namibië verlig
Loading player...
Daar is goeie kanse op verspreide buie oor die noordelike en sentrale dele van Namibië môre en Dinsdag. Temperature het die naweek in dorpe soos Okahandja en Tsumeb tot 38 grade gestyg, terwyl Windhoek ook warm toestande ervaar het. Die reën kan welkome verligting van die hitte bring. Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema gee ons meer besonderhede.

