
Stad Windhoek waarsku teen boikot van munisipale betalings
Loading player...
Die Stad Windhoek maak sterk kapsie teen oproepe aan inwoners om munisipale betalings te boikot, en waarsku dat persone wat hieraan gehoor gee, reg-s-gevolge kan verwag. Die munisipaliteit beklemtoon dat betaling ’n wetlike plig is... en hou vol dat die opskorting van dienste ’n wettige krediet-beheermaatreël is wat daarop gemik is om uitstaande skuld van meer as 932-miljoen Namibiese dollar in te vorder. Woordvoerder Lydia Amutenya doen ’n beroep op inwoners om eerder betalings-reëlings met die munisipaliteit te tref.

