Namibië het sy eerste staatsbeheerde lugambulansdiens amptelik in gebruik geneem – ’n belangrike stap om noodmediese dienste te versterk en pasiënte in afgeleë gebiede vinniger toegang tot gespesialiseerde sorg te gee. Die diens beskik oor ’n volledig toegeruste Learjet-lugambulans wat as ’n intensiewesorgeenheid in die lug funksioneer, asook helikopter-ontruimings-dienste vir…
Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake…
Die ministerie van binnelandse sake het ’n dringende openbare waarskuwing uitgereik teen swendelaars wat hulle as amptenare voordoen om burgers en buitelandse burgers te mislei. Woordvoerder Margaret Kalo waarsku dat die swendelaars vals beloftes maak om dokumente soos werkspermitte, burgerskap en ID’s vinniger te bekom in ruil vir betaling. Sy…
Die Suid-Afrikaanse Personeelvereniging vir die Motorbedryf sê die bedryf kan nie net van een uitvoermark afhanklik wees nie. Dit volg nadat Amerika besluit het om Suid-Afrika vanaf Januarie volgende jaar van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verwyder. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond sê die bedryf is…
David Brown, uitvoerende hoof van August 26, sê die brandstofprys van 36 Namibiese dollar per liter waaroor Job Amupanda van die AR-beweging nou ‘n polemiek probeer ontketen, het uitsluitlik op Jet A-1-vliegtuigbrandstof betrekking, en nie petrol of diesel wat aan militêre basisse verskaf word nie. Amupanda beweer tussengangers melk die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.