SA Motorbedryf moet uitvoermarkte diversifiseer ná Amerikaanse besluit

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Personeelvereniging vir die Motorbedryf sê die bedryf kan nie net van een uitvoermark afhanklik wees nie. Dit volg nadat Amerika besluit het om Suid-Afrika vanaf Januarie volgende jaar van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verwyder. Phakamile Hlubi-Majola van die vakbond sê die bedryf is reeds getref deur 'n Amerikaanse tarief van 25-persent wat verlede jaar bygedra het tot 'n daling van 83-persent in voertuiguitvoere na Amerika:
4 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerismeraad waarsku teen ongeregistreerde toerisme-operateurs

Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake…
4 Nov 11PM 1 min

Binnelandse Sake waarsku teen swendelaars wat dokumente teen betaling belowe

Die ministerie van binnelandse sake het ’n dringende openbare waarskuwing uitgereik teen swendelaars wat hulle as amptenare voordoen om burgers en buitelandse burgers te mislei. Woordvoerder Margaret Kalo waarsku dat die swendelaars vals beloftes maak om dokumente soos werkspermitte, burgerskap en ID’s vinniger te bekom in ruil vir betaling. Sy…
4 Nov 11PM 1 min

Brown: N$36-brandstofprys geld net vir vliegtuie

David Brown, uitvoerende hoof van August 26, sê die brandstofprys van 36 Namibiese dollar per liter waaroor Job Amupanda van die AR-beweging nou ‘n polemiek probeer ontketen, het uitsluitlik op Jet A-1-vliegtuigbrandstof betrekking, en nie petrol of diesel wat aan militêre basisse verskaf word nie. Amupanda beweer tussengangers melk die…
4 Nov 10PM 1 min

Rugby: Bok-skrumskakel dankbaar vir groot kans

Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is dankbaar vir die vertroue wat in hom gestel word, ondanks mededinging van spelers soos Cobus Reinach en Grant Williams. Die 29-jarige, wat ses drieë in slegs tien toetse gedruk het, sal Sacha Feinberg-Mngomezulu se skakelmaat wees in Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Italië in…
4 Nov 10AM 1 min