
Toerismeraad waarsku teen ongeregistreerde toerisme-operateurs
Loading player...
Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake doen.

