
Namibië stel eerste staats-lugambulansdiens in gebruik
Loading player...
Namibië het sy eerste staatsbeheerde lugambulansdiens amptelik in gebruik geneem – ’n belangrike stap om noodmediese dienste te versterk en pasiënte in afgeleë gebiede vinniger toegang tot gespesialiseerde sorg te gee. Die diens beskik oor ’n volledig toegeruste Learjet-lugambulans wat as ’n intensiewesorgeenheid in die lug funksioneer, asook helikopter-ontruimings-dienste vir noodgevalle in afgeleë gebiede. Dit sal die bestaande grondambulansdienste aanvul. Visepresident Lucia Witbooi sê die diens sal help om pasiënte vinniger by streeks- en nasionale verwysingshospitale te kry. Sy beklemtoon dat mense se kanse op oorlewing nie deur hul geografiese ligging bepaal moet word nie.

