
Brown: N$36-brandstofprys geld net vir vliegtuie
Loading player...
David Brown, uitvoerende hoof van August 26, sê die brandstofprys van 36 Namibiese dollar per liter waaroor Job Amupanda van die AR-beweging nou ‘n polemiek probeer ontketen, het uitsluitlik op Jet A-1-vliegtuigbrandstof betrekking, en nie petrol of diesel wat aan militêre basisse verskaf word nie. Amupanda beweer tussengangers melk die verdedigingsektor met buitensporige pryse vir brandstof wat uit Botswana na militêre basisse vervoer word. Brown het die saak tydens 'n nuuskonferensie in Windhoek opgeklaar:

