Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly

Loading player...
Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl hulle voorberei vir hoër onderwys en opleidingsgeleenthede nie.
Iswarin Rooi Woensdag
14 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums

Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het…
14 Oct 3AM 1 min

SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier

Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om…
14 Oct 3AM 1 min

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe…
14 Oct 2AM 1 min

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs,…
14 Oct 1AM 1 min