
AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies
Loading player...
AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellendam, in die Wes-Kaap. Jacques Broodryk van AfriForum sê die patrollies help om misdaad te bekamp en gemeenskapsveiligheid te verbeter:

