
Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne
Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied op die energie-infrastruktuur staak nie. Trump, wat die styging in wêreldwye dieselpryse lank reeds aan die oorlog tussen Oekraïne en Rusland toeskryf, sê beide president Volodymyr Zelenski en Vladimir Putin wil hê die oorlog moet eindig:

