
Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025
Loading player...
Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs het ná uitbetalings 75-miljard-rand in hulle sakke gesteek. Hannes Noëth van Solidariteit doen 'n beroep op strenger beheer oor dobbeladvertensies, beter beskerming vir kwesbare mense en strenger optrede teen onwettige aanlyndobbelary:

