
Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde
Loading player...
NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe DNS-bevestiging nadat 'n uitmekaar-gekapte liggaam naby Daan Viljoen buite Windhoek ontdek is. Nampol se waarnemende inspekteur-generaal, majoor-generaal Anne-Marie Nainda, sal 'n perskonferensie vanoggend oor die kwessie toespreek. Die Okahandja maatskaplike aktivis Gerub Gaseb sê die verdagte was Maandag reeds in die hof.

