
Namfisa betaal N$4,4m aan verbruikers na klagtes teen finansiële diens-verskaffers
Loading player...
Namfisa het 4,4-miljoen Namibiese dollar aan verbruikers uitbetaal ná klagtes teen finansiële diens-verskaffers in die 2025/26-boekjaar. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die reguleerder het verlede jaar 403 verbruikers-klagtes ontvang en 375 daarvan opgelos, wat neerkom op 'n oplossingskoers van 93-persent.

