
Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums
Loading player...
Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums. Martins sê dié lae persentasie beklemtoon die behoefte aan groter belegging in onderwys in die streek:

